Sunday 26 January 2020

Die Wille Tuin

DIE WILLE TUIN INFO

Die WilleTuin is in Marlothpark, 'n 3000 hektaar-bewarea en vakansiedorp aan die grens van die Krugerwildtuin, tussen Malelane en Komatipoort in Mpumalanga. 

Verblyf is beskikbaar in 'n grasdakhuis en is geskik vir 10 gaste. Die huis het 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte bed, die tweede slaapkamer het 'n enkelbed en die derde slaapkamer het 'n koningingrootte- en enkelbed. In die sitarea is daar 'n slaapbank en daar is ook 'n solder-kamer met 'n koningingrootte- en enkelbed. Die 2 badkamers het elk 'n stort. 

Die huis het lugversorging vir daardie warm somersdae. Gratis WiFi. Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met stoepmeubels, 'n plonspoel en braaigeriewe. Die stoep het 'n uitsig oor die Bosveld. Onder dak parkeerplek is vir 2 voertuie beskikbaar. TV met  streaming services.
Netflix 
Hulu
Amazon prime
Disney+
En al die nuutste movies en series.

No comments:

Post a Comment

Bietjie Bos Toe

Tarentaal str 2794 (Biekie Bos toe) 4 Guests R600 – R800 The house can accommodate up to 4 guests and comprises 2 bedrooms, 2 bathrooms, and...