Wednesday, 22 January 2020

LOFDAL HOUSE

LOFDAL HOUSE
Lofdal is in Marloth Park en bied gehalte verblyf vir 'n gesin of 'n groep vriende.
Dit is binne maklike bereik van die Krugerwildtuin en gaste kan gereelde besoeke van sebras, impalas, kameelperde, koedoes en nagapies verwag.

Lofdal beskik oor 2 ruim slaapkamers, elk met 'n dubbelbed en 'n enkelbed.
Die kamers het ook 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Elke kamer het lugversorging en 'n plafonwaaier. Alle beddegoed is van 'n hoƫ gehalte en handdoeke word ook voorsien.
Gaste moet asb. hulle eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n gasstoof, yskas, vrieskas, mikrogolfoond,
tee- en koffiemaak geriewe, eetgerei en breekware.
Die nodige skoonmaakmiddels vir selfsorg is beskikbaar.

Die leefarea het groot vensters, gemaklike sitplek en 'n TV met DStv Compact-kanale.
Gaste kan hulle eie DStv-dekodeerder, -slimkaart en -afstandbeheer saambring.

Die eenheid het 'n plonspoel, braaigeriewe en 'n boma.

Die huis is naby die Lionspruitgrens waar gaste gereeld leeus kan hoor brul.

Doendinge in die omgewing sluit bekostigbare wildritte in die dag en nag, die Krugerwildtuin,
reistogte na Mosambiek, Swaziland, die Panoramaroete, Hazyview, God's Window,
Bourke's Luck-kolkgate, die Mac-Mac-waterval, en wildeperde by Kaapschehoop in.

SLAAPPLEK REELINGS

'n Bespreking by Lofdal sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

 Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed














No comments:

Post a Comment

Bietjie Bos Toe

Tarentaal str 2794 (Biekie Bos toe) 4 Guests R600 – R800 The house can accommodate up to 4 guests and comprises 2 bedrooms, 2 bathrooms, and...